STAP SAAM

 Bergkuiers op Bermanzi

 DEUR MIA LOUW – WEG 2021 APRIL – MEI

Bermanzi se Watervalsirkelroete(12km ) kan as ‘n dagstap getakel word, maar dan loop jy ‘n sonsopkoms mis oor die vallei waar Mpumalanga se naashoogste waterval aftuimel. Hier is van basiese staphutte tot die luukse Vakashani-gastehuis vir oorbly

(Vakashani beteken “om lekker te kuier” in Zoeloe en Swazi volgens die eienaar Attie van Niekerk).

Die staproete begin by Vakashani. Die eerste paar treë is bergaf tot waar die pad skei. Links loop die korter Wapadroete.

Hou regs op die Watervalroete en gou kronkel jy deur rotsskeure al teen die rand van die krans af. Hierlangs groei indrukwekkende geelhoutbome. By die Dassieskeur toring die klipwande 30 m hoog aan weerskante van ons. Al voel dit soos ‘n ander wêreld, lê die plato nog naby. Die smal, donker klipgang dop ons uiteindelik in ‘n sonkol tussen die gras uit. Nou daal jy vallei-af; deur lappies woud en grasvelde tot by die bopunt van ‘n berghang – versigtig trap hier.

Ons draai links en volg die platorand vir ‘n paar treë en daal dan in ‘n kloof af, al langs ‘n stroom.

Wanneer jy later uitklouter, Sien jy die Bakoni-klipkrale duskant die vallei en is jy weer omring deur grasveld. Dié klipsirkels en -opstalle van die Koni-mense wat tussen 1500 en 1820 hier gewoon het, strek oor 10 000 km 2 van Carolina tot by Ohrigstad. By roetemerker 28 draai ons regs en stap ‘n steilte stuk af water toe (daar is ook ‘n pad  links wat op die bergrand bly). Voordat jy die Bankspruit bereik, loop jy verby die Dzala-kraal; die plek waar Boerevroue tydens die AngloBoere-oorlog weggekruip het.

Jy loop ‘n uur lank langs dié rivier. Die water spoel oor die rotse (selfs in die droë seisoen), die plonspoele is helder en jy kruis gereeld die breë Bankspruit met brûe. Af en toe neem ‘n houtleer jou hoër teen die helling uit en verby groot bome. Wees op die uitkyk vir die ou outeniekwageelhout by “Big Tree Lane”.

Hou piekniek by die voet van die Uitkomstwaterval; dit strek 85 m die hemele in. Twee weke voor ons besoek was dele van die waterval gevriesl

Nâ middagete het jy weer energie vir die kort maar uitmergelende uittog na die Plato. Dis pynlik steil. Die pad kronkel gelukkig weer by kranse verby (koeltel), gelyke dele en ‘n uitsig wat sorg vir lafenis. Die paadjie wikkel later deur ‘n reeks rotsskeure en spoeg jou by ‘n grot uit (ly kan deur of oor die grot klouter).

Bo is die berg so plat soos Tafelberg en die Uitkomstwaterval tuimel loodreg by die rotswand af

Gee jouself bo-op die plato ‘n klop op die skouer – jy was Immers netnou nog by die voet van daal Waterval! Van hier volg jy ‘n grondpad terug kamp toe vir ‘n aand van braai en sterrekyk.

Bermanzi Hiking and Guest House

Ontmoet die Mense

Doktor Attie en Marietjie van Niekerk het in 1981 dié lappie grond in Mpumalanga se Drakensberg gekoop. Attie het op ‘n plaas in die omgewing groot geword. Attie was ‘n predikant op Ermelo en Pretoria en het baie jare gesmag na “‘n stukkie aarde van sy eie’.’

 ‘n Eiendomsagent wys hom toe eendag Bermanzi. “Maardaar was nie ‘n pad hiernatoe nie – hier was niks! Ons rydeur die plaas bokant die waterval na die afgrond toe, en die agentstaan en beduie hoe die plaasvallei  lê.” Die uitsig en die natuurskoon het Attie laat besluit om te koop.

Hier is groot verskeidenheid natuurlewe in die berg. “Ystervarke, rooikatte, tierboskatte, rooiribbokke en klipspringers reg rond om die huise. Daar is bosbokke in die vallei en ek hetal groot koedoebulle daar ondergesien,”sê Attie trots. Daar is ook baie blouape, bobbejane en soms tekens van luiperds

 Hulle het aanvanklik ‘n asbeshuisie op diep latorandopgerig. “Die aluminiumdak was flenters. My familie was glad nie beïndruk nie. Ons het op Ermelo gebly en ek hetnet vier vry naweke elke jaar gehad. Ek het heel naweek reggemaak en geverf; die kinders het liefgeraak vir die eenvoudigeplek.”

 Die asbeshuis was die raamwerk vir die Vakashani-gastehuis. Attie het 25jaar lank ook stuk-stuk aan ‘n aftreehuis vir hom en Marietjie getimmer

 In diegastehuis hang ‘n skildery van ‘n ou hartbees huisie met ‘n grasdak. “Dit is waarheen ons met die skape getrek het Laeveld toe, by Tjakastad. Dit was ons plaas toe ek ‘n kind was” verduidelik Attie.

 “Voordie een venster het ‘n aalwyn gestaan wat my ouma geplant het. Daardie aalwyn trek al my hele lewe lank saam – waar ook al ons gebly het, het ons ditgeplant.

 “Dit kom van my oupa en ouma se troue af, net na die Anglo-Boereoorlog. Dit is meer as 100jaar in die familie. Ek het die aalwyn van die pastorie afgeskuifen hier voor die aftreehuis kom plant.”

 Maarop 1 1 Oktober 2010, die dag nü Attie se amptelike aftrede, kry die Van Niekerks ‘n oproep: ‘n Veldbrand versprei onbeheers na Bermanzi. Attie moes verbaas luister hoe sy opsigter oor die telefoon skreeu terwyl hy die verwoesting aanskou.

 “Alles was daarmee heen,” vertel Attie met ‘n diep sug.

 “Ek kan nie verduidelik wat deur ‘n mens se kop gaan nie. Die dag nadat jy aftree… al diejare se werk daarmee heen. Ek hetgekyk na die chaos wat daar lê en gloei, en ek loop toe na die ou aalwyn en sê: “Nou isjy ook weg. Dood.”

 Die dag na die brand het dit gereën. ‘n Week later kom Attie weer van Pretoria af Hystap ‘n laaste maal na die aalwyn toe. Hy loer binne-in die kern en Sien groen – die aalwynlewe. “Dis wat ek altydgepreek het. Vir die Here is daar ‘n nuwe begin – vir mense ook. En ek besef…ja, die aalwyn staan op. Ek moet ook”